Total Pageviews

Saturday, October 22, 2011

Die Skoollied

Daar bestaan gedokumenteerde bewyse dat die skool reeds vanaf die vroegste tye 'n skoollied gehad het. Soos die naam en wapen, het die skoollied ook oor die jare verander. Die eerste gedokumenteerde bewyse van die bestaan van 'n skoollied verskyn in die eerste Jaarblad wat in 1948 gepubliseer is. Dit wil voorkom asof die lied net een vers gehad het. Die lied verskyn dan ook in elke jaarblad tot en met die agste uitgawe wat in 1961 die lig gesien het. Die woorde van die lied is deur Mnr C. Mostert, een van die eerste onderwysers by die skool geskryf. Ek kon nie met sekerheid vasstel vir hoeveel jare Mnr Mostert verbonde was aan Hoërskool Goodwood - Epping nie. Daar veskyn egter 'n brief van hom in die 1948 jaarblad waarin hy van sy wedervaringe by die skool skryf en teken dit dan ook as redakteur van Die Jongspan, 'n kindertydskrif.
Daar bestaan geen rekords oor die wysie van die lied nie.


Eerste Skoollied


                                 
Dat die skoolied die 'n belangrike rol gespeel het in die skool se bestaan, kan duidelik afgelei word uit die feit dat dit in elke jaarblad vanaf die eerste in 1948 tot en met die Jubileum Uitgawe in 1961, verskyn. 'n Interressante variasie verskyn in die tweede jaarblad wat in 1949 verskyn het. In die tweede reël van die koor is die woord "sy ideaal" vervang met "die ideaal." Daar bestaan nie enige Engelse weergawe van die eerste skoollied nie.
Huidige skoollied: Deur R.K. Belscher 


Die eerste tekens van die huidige skoollied, met aanpassings, verskyn op die feesprogram van 1962. Die nuwe skoollied se woorde is geskryf deur R. K. (Ronnie) Belcher, in oud-leerling van die skool. Ronnie het die Senior Sertifikaat Eerste Klas, aan die einde van 1950 aan die Hoërskool Goodwood - Epping  behaal. Hy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die volgende grade verwerf: 'n BA- graad in 1956, BA Hons (1957), MA (1957) en D Litt. Hy het in 1962 gepromoveer as doktor in die lettere met die proefskrif "Die poëtiese-psigologiese grondslag van die sonnetvorm."


'n Jong Ronnie Belscher
Soos die skool se naam oor die jare verander het, is die woorde van die skoollied ook aangepas om by die naam te pas. Huidiglik is die woorde "Goodwood - Epping" vervang met "Goodwood Kollege." 
Belscher het 'n lied met drie verse en 'n koor geskryf. Die enigste bron waarop ek afgekom het wat al die verse vervat, is die wat op die 21ste Verjaarsdag Feesprogram van 19 Oktober 1962 verskyn. Die weergawe wat in die negende jaarblad van 1965 opgeneem is, bevat slegs die eerste vers en die koor. Vandag word net die eerste vers en die koor tydens saalbyeenkomste gesing. Dit wil voorkom asof die mense wat al lank betrokke is by die skool, onbewus is van die bestaan van die ander verse. 


Die musiek vir die nuwe skoollied is deur R.J. Douglas, 'n onderwyser verbonde aan die skool, gekomponeer terwyl dit voorkom dat Mnr P.J. Ehlers, die skoolhoof, verantwoordelik was vir die vertaling van die lied vanuit Afrikaans na Engels.




No comments:

Post a Comment