Total Pageviews

Sunday, October 2, 2011

1941 tot 1948

Die periode tussen 1941 en 1948 is deur grootskaalse groei gekenmerk. Die skool het in 1941 begin met drie onderwysers en 38 leerlinge. Klasse is aangebied in huurhuise. In 1942 is 'n begin gemaak met die oprigting van die nuwe skoolgebou. Om die skool meer toegangklik te maak vir leerlinge uit Goodwood, is 'n spooroorgang aan die bo-end van Vascostraat opgerig. Die nuwe gebou is voltooi en vanaf Januarie 1943 deur die personeel en leeerlinge best. Die leerlinggetalle het skerp toegeneem en daar was teen hierdie tyd reeds 121 sekondêre leerlinge en 52 Standerd Ses-leerlinge ingeskryf. Die skoolgebou het bestaan uit ses klaskamers, 'n wetenskapkamer en laboratorium. Die personeel het uit agt leerkragte bestaan. 
Die skool se hoë standaarde het aandag getrek en die gemeenskap se vertroue gewen. aan die begin van 1944 verkry die skool hoërskool en beplanning vir die uitbreiding van die gebou is begin. Vyf nuwe klaskamers sou gebou word wat  'n hotwerk- en huishoudkundeklas insluit. Verder sou daar nuwe waskamers opgerig word vir die meisies. Die skoolgebou is amptelik op 6 Maart 1946 ingewy deur die S.G.O., Dr. W. de V. Malan. 
Op akademiese gebied het die skool ook goed presteer. Die eerste Standerd 10 klas het die Senior Sertifikaateksamen aan die einde van 1945 afgelê. Die klas het uit tien leerlinge bestaan. Ses leerlinge het die eksamen in die Eerste Klas geslaag terwyl drie dit in die tweede Klas geslaag het. 

No comments:

Post a Comment